Ceres (dwergplaneet)

Hierdie artikel handel oor die dwergplaneet Ceres. Vir ander artikels met 'n soortgelyke benaming, sien Ceres (dubbelsinnig).
Ceres   ⚳
Die dwergplaneet Ceres in ware kleure, in 2015.
Die dwergplaneet Ceres in ware kleure, in 2015 deur Dawn geneem.
Ontdekking[1]
Ontdek deur Giuseppe Piazzi
Datum 1 Januarie 1801
Kleinplaneet-benaming1 Ceres
Alternatiewe nameA899 OF; 1943 XB
Kleinplaneet-kategorie Dwergplaneet
Etimologie Ceres
Wentelbaaneienskappe[2]
Epog 18 Junie 2009
(JD 2455000,5)
Afelium 2,9858 AE
446 669 320 km
Perihelium 2,5468 AE
380 995 855 km
Halwe lengteas 2,7663 AE
413 832 587 km
Wentelperiode 4,60 jaar
1680,5 dae
Gem. omwentelingspoed 17,882 km/s
Gem. anomalie 27,448°
Baanhelling 10,585° (tot Sonnebaan)
Lengteligging van stygende nodus 80,399°
Periheliumhoek 72,825°
Natuurlike satelliete 0
Fisiese eienskappe
Radius by ewenaar 487,3 ± 1,8 km[3]
Radius na pole 454,7 ± 1,6 km[3]
Oppervlakte 2 850 000 km²
Massa 9,43 ± 0,07×1020 kg[4]
(0,00015 Aardes)
(0,0128 Mane)
Gem. digtheid 2,077 ± 0,036 g/cm3[3]
Oppervlak-
aantrekkingskrag
0,27 m/s2
0,028 g
Ontsnapping-
snelheid
0,51 km/s
Sideriese
rotasieperiode
0,3781 dae
9,074170 h[5][6]
Ashelling sowat 3°[3]
Regte styging van noordpool 19h 24 m
291°[3]
Deklinasie 59°[3]
Temperatuur maks. ~168 K
Skynmagnitude 6,7[7] tot 9,32[8]
Absolute magnitude 3,36 ± 0,02[9]
Hoekgrootte 0,84" tot 0,33"

Ceres, amptelik 1 Ceres (simbool: ⚳),[10] is die kleinste dwergplaneet in ons Sonnestelsel. Dit is die enigste een in die asteroïdegordel en dus tussen die wentelbane van Mars en Jupiter. Sy naam is afgelei van Ceres, die Romeinse godin van groeiende plante, die oes en moederliefde.

Ceres is op 1 Januarie 1801 deur Guiseppe Piazzi in Sisilië ontdek. Met ’n deursnee van sowat 950 km is dit verreweg die grootste liggaam met die grootste massa in die asteroïdegordel; dit maak sowat ’n derde van die gordel se massa uit.[11] Ceres is saamgestel uit rots en ys. Omdat dit die eerste asteroïde is wat ontdek is,[12] is dit aanvanklik as ’n planeet beskou. Dit is egter in die 1850's as ’n asteroïde herklassifiseer nadat baie ander voorwerpe met soortgelyke wentelbane ontdek is.

In 2006 is dit weer herklassifiseer: dié keer as 'n dwergplaneet, die enigste een binne die wentelbaan van Neptunus, want met 'n deursnee van 940 km is dit die enigste asteroïde wat groot genoeg is om deur sy swaartekrag in hidrostatiese ewewig, en dus sferies, gehou te word. Weens sy skynbare magnitude van 6,7 tot 9,3 is dit selfs op sy helderste te dof om met die blote oog van die Aarde af te sien, behalwe in uiterse donkerte.

Die Dawn-ruimtetuig het bevind Ceres se oppervlak is 'n mengsel van waterys en gehidreerde minerale soos karbonate en klei. Swaartekragdata dui daarop dat Ceres gedeeltelik gedifferensieer is in 'n modderige ysrotskern en 'n minder digte maar sterker kors met 'n ysvolume van minstens 30%. Ceres se klein grootte beteken enige interne oseaan van vloeibare water wat hy eens kon gehad het, is waarskynlik nou gevries. Dit is egter nie heeltemal toegevries nie: Pekels vloei steeds deur die buitemantel en bereik die oppervlak, wat kriovulkane soos Ahuna Mons toelaat om te vorm teen 'n tempo van sowat een elke 50 miljoen jaar. Dit maak Ceres die naaste bekende kriovulkaniese liggaam aan die Son, en die pekels verskaf 'n potensiële habitat vir mikrobiese lewe.

In Januarie 2014 is emissies van waterdamp om Ceres bespeur, en dit het 'n verganklike, dun atmosfeer bekend as 'n eksosfeer geskep. Dit was onverwags, aangesien groot liggame in die asteroïdegordel gewoonlik nie waterdamp uitskei nie; dit is ’n kenmerk van komete.

  1. (en) Schmadel, Lutz (2003). Dictionary of minor planet names (5th uitg.). Germany: Springer. p. 15. ISBN 978-3-540-00238-3.
  2. Yeomans, Donald K. (5 Julie 2007). "1 Ceres" (in Engels). JPL Small-Body Database Browser. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Mei 2019. Besoek op 10 April 2009.
  3. 3,0 3,1 3,2 3,3 3,4 3,5 (en) Thomas, P. C.; Parker, J. Wm.; McFadden, L. A. (2005). "Differentiation of the asteroid Ceres as revealed by its shape". Nature. 437 (7056): 224–226. Bibcode:2005Natur.437..224T. doi:10.1038/nature03938. PMID 16148926.
  4. (en) Carry, Benoit (November 2007). "Near-Infrared Mapping and Physical Properties of the Dwarf-Planet Ceres" (PDF). Astronomy & Astrophysics. 478 (1): 235–244. Bibcode:2008A&A...478..235C. doi:10.1051/0004-6361:20078166. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 30 Mei 2008. Besoek op 30 Oktober 2010.
  5. (en) Williams, David R. (2004). "Asteroid Fact Sheet". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Januarie 2010. Besoek op 30 Oktober 2010. {{cite journal}}: Cite journal requires |journal= (hulp)
  6. (en) Chamberlain, Matthew A.; Sykes, Mark V.; Esquerdo, Gilbert A. (2007). "Ceres lightcurve analysis – Period determination". Icarus. 188 (2): 451–456. Bibcode:2007Icar..188..451C. doi:10.1016/j.icarus.2006.11.025.
  7. (en) Menzel, Donald H.; and Pasachoff, Jay M. (1983). A Field Guide to the Stars and Planets (2nd uitg.). Boston, MA: Houghton Mifflin. p. 391. ISBN 978-0-395-34835-2.{{cite book}}: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
  8. Horizons(Ephemeris: Observer Table: Quantities = 9,13,20,29)
  9. Li, Jian-Yang; McFadden, Lucy A.; Parker, Joel Wm. (2006). "Photometric analysis of 1 Ceres and surface mapping from HST observations". Icarus. 182 (1): 143–160. Bibcode:2006Icar..182..143L. doi:10.1016/j.icarus.2005.12.012. Besoek op 8 Desember 2007.{{cite journal}}: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
  10. JPL/NASA (22 April 2015). "What is a Dwarf Planet?". Jet Propulsion Laboratory. Besoek op 19 Januarie 2022.
  11. Williams, Matt (23 Augustus 2015). "What is the Asteroid Belt?". Universe Today. Besoek op 30 Januarie 2016.
  12. "Ceres". Solar System Exploration: NASA Science (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Mei 2020. Besoek op 20 Oktober 2018.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search